Deur Eldridge JasonSondag, November 24, 2019 05:00
DIE lot van
haweloses is
lankal nie meer iets wat
onder die mat
ingevee kan word
nie.
Hulle kan nie weggewens word nie. Jy kan jou nie meer blind staar teen
’n gebedel by ’n verkeerslig nie.
Veels te dikwels word
’n hawelose persoon soos ’n stopstraat in Philippi geïgnoreer.
Maar
nie by
Golden Anchor se
jeugsentrum in
Soutrivier nie.
Hier word
dit by
veral hawelose jeugdiges ingedril dat
hulle menswees, drome en
ideale ook goud werd is.
Golden Anchor
gaan uit sy pad om die
lewe ’n
bietjie makliker te
maak vir mense wat
elke dag op
straat ’n
oorlewingstryd voer.
Met die
feestyd wat om die
draai vir ons almal loer,
gaan daar gepoog word
om dit ekstra spesiaal vir haweloses te
maak.
Gerald Louw van die Golden Anchor Solid Rock Foundation
sê hulle gaan ’n gala-
dinee hou om
haweloses in
hulle gemeenskap te
voed.
“Die
doel van die
projek is om die
hawelose mense van
’n
voedsame bord kos te
voorsien en
hulle te
wys dat
daar nog
mense is wat
omgee.”
Een so
’n
omgee-
mens is Enrico Samson, ’n student wat in die
Woodstock-
omgewing woon.
Samson
sê hy en
’n
paar familielede het op ’n
dag net
besluit om geld bymekaar te
gooi en ’n
maaltyd vir haweloses te kook.
“Dit bring
trane in my
oë as
ek sien hoe
kinders saam hulle ouers bedel,”
sê Samson.
“Hierdie mense is uit hulle blyplekke gegooi en het nie
’n ander keuse as om op straat te gaan bly nie.
“As
ek saans onder my warm
kombers lê,
dan lê ek wakker en wonder of die
mense op
straat oukei is.”
Die
galadinee vind op 13
Desember by Golden Anchor in
Shelleyweg,
Soutrivier,
plaas.
Mense kan die
sentrum kontak by goldenanchor81@gmail.com om
bydraes te
maak of as
hulle by
projekte betrokke wil raak.
English translation
THE destiny of the homeless has long been
something that can be swept under the rug.
They cannot be wished away. You can no longer
stand blind to a beggar at a traffic light.
Far too often, a homeless person like a Philippi stop
is ignored.
But not at Golden Anchor's Salt River Youth Center.
Here it is instilled in homeless youth in particular that
their humanity, dreams and ideals are also worth
gold.
Golden Anchor goes out of its way to make life a
little easier for people who are struggling to survive
on the streets every day.
With the festive season looming for us all, we will try
to make it extra special for the homeless.
Gerald Louw of the Golden Anchor Solid Rock
Foundation says they are going to have a gala
dinner to feed the homeless in their community.
"The aim of the project is to provide the homeless
with a nutritious plate of food and show them that
there are still people who care."
One such caring person is Enrico Samson, a
student living in the Woodstock area.
Samson says he and some family members just
decided one day to raise money and cook a meal for
the homeless.
"It brings tears to my eyes when I see children
begging their parents together," Samson says.
“These people were thrown out of their places and
had no choice but to stay on the streets.
"When I'm lying under my warm blanket at night, I lie
awake wondering if the people on the street are
okay."
The gala dinner will take place on December 13 at
Golden Anchor in Shelley Road, Salt River.
People can contact the center at
goldenanchor81@gmail.com to make contributions
or if they want to get involved in projects.